Boodskap vir Vandag

Search

Sonkant toe

“Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word” – Lukas 6:38.

’n Uitgebreide studie deur Anders Ericsson by die Berlynse Akademie vir Musiek toon dat alleen-oefentyd van minstens 10 000 uur nodig is om ’n professionele vioolspeler te kan word. Studie ná studie bewys dat dit vir enige ander beroep of vaardigheid geld: komponiste, skrywers, akademici, sportlui, skaakspelers, kunstenaars.

Die meeste mense gebruik hul gawes om ander mee te dien en op dié manier die vreugde en seën wat hulle daardeur ontvang te vermenigvuldig.

Vir musici is ’n groot uitvoering die hoogtepunt van maande se harde werk. Dit is meestal ’n alleenpad wat baie dissipline verg. Om die gawe dan as’t ware wyd oop te gooi sodat ander hulle daarin kan verlustig, word ’n ekstatiese klimaks wat al die opoffering die moeite werd maak.

Wanneer ’n kundige egter in hom- of haarself keer en daardie besondere gawe net vir eie selfverwesenliking beoefen, verloor dit sy glans. Dan raak die kenner selfgerig, hovaardig en soms venynig teenoor ander wat moontlik in sy of haar lig staan.

In Mitch Albom se boek Tuesdays with Morrie sê die sterwende Morrie: “Om te gee laat my voel ek lewe.”

Die groot vreugde lê daarin om dít wat ons het aan te gee. Om waarlik na die son te kan lewe, moet ons ons kinders leer om gulhartig te wees. Ons moenie afmeet nie, maar ander die goeie gun.

Here, ek wil alles uitdeel wat ek van U ontvang sodat die milde seën waarmee U my oorlaai ander kan versadig. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed