Boodskap vir Vandag

Search

Sout

“Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak.”

– Matteus 5:13

 

Kos sonder sout is vir my maar baie smaakloos. Ek kan netsowel ʼn stuk karton eet. Dink aan daai tjoppie op die vuur sonder enige sout daarop. Of aan roereier op ’n broodjie sonder ’n knippie sout om dit daai woema te gee. Sout gee geur; sout gee smaak; sout laat kos beter proe.

 

As Christene het ons die opdrag gekry om sout te wees wat die aarde ’n beter plek maak – nie net vir ons nie, maar ook vir ander mense. Hoe verstaan jy hierdie opdrag? Hoe dink jy kan jy op ʼn praktiese manier sout vir ander mense wees en hulle lewe lekkerder maak?

 

Baie van ons dink om sout te wees is (net) om ’n preek af te steek, of om iemand op die spot met ’n Bybelvers te probeer bekeer. Ander dink dis om meer geestelik te raak – om ’n selgroep te begin of bidure en godsdienstige lesings by te woon.

 

Vir my beteken om sout te wees om Jesus se liefde uit te leef in elke situasie waarin ek my bevind en met elke uitdaging wat ek moet trotseer. Liefde gee altyd ’n beter smaak aan die atmosfeer – of dit nou is wanneer jy saam met vriende kuier, by die tandarts is, by SARS in

die lang ry staan of in spitsverkeer sit.

 

Elke dag kan ’n wonderlike avontuur wees vir ons as geheime “sout”-agente in ons land wat omgeeliefde versprei. Raak sensitief vir die Here se leiding hierin. Vra Hom vir praktiese wenke oor hoe jy sy helende sout in ’n smaaklose situasie kan inbring.

 

Bruisgebed vir soutagente: Here Jesus, help my om u sout van omgeeliefde tydens elke uitdaging op my pad uit te strooi om só die situasie goed te hanteer en die lewe vir almal aangenamer te maak. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed