Boodskap vir Vandag

Search

Spyt kan te laat kom

Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit deel van jou lewe (Spreuke 3:3).

Vroeg verlede week kom die boodskap deur: “Lexi vanoggend oorlede nadat sy deur die nag gesukkel het om asem te haal.”

Lexi was baie jare lank my oudste seun en sy familie se geliefde hond.

Intelligent met sagte oë was Lexi altyd bly om mense, met name die familie, te sien. Haar opgewonde blaf en wikkellende stert het dit altyd duidelik gewys. En getrou aan die sinspeling in haar naam, het sy graag aan mense gelek. Asof sy wou sê: “Onthou, ek is ook hier. En soos julle, het ek ook liefde en aandag nodig.”

Al het ons ver van die kinders gewoon en nie so dikwels daar gekom nie, was Lexi se dood nogtans ‘n skok wat my etlike dae lank tranerig en hartseer gelaat het. Ook skuldig laat voel het omrede ek skielik al die kere onthou het wat sy na my gekom het vir ‘n bietjie warmte, liefde en aandag. En ek, dikwels vanweë haar gelek, afsydig en selfs afwysend gereageer het.

Lexi se dood het my opnuut laat besef hoe kosbaar ons verbintenisse ook met ons diere is. En hoe waaksaam ons moet wees om nie ons kanse om liefde te bewys, verby laat glip nie.

Want spyt kan, soos in my geval, maklik te laat kom.

O Here, gee ons vandag weer die liefde om ander te ondersteun, te versterk en bly te maak – veral ook wanneer dit ons troeteldiere is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed