Boodskap vir Vandag

Search

Sterker as die berge

Die seëninge wat jou vader jou gegee het, is sterk, sterker as dié van die ou-ou berge, as die kosbaarhede van die heuwels, wat altyd daar is (Genesis 49:26).

Die verhale van die Bybel bly ‘n bron van groot wysheid wat nooit te versmaai is nie – selfs al leef ons in moderne tye.

Lees maar net ‘n slag weer die aangrypende seëninge wat Jakob aan die einde van sy lewe oor sy seuns uitgespreek het (Gen 49:1-28).

Ons ken natuurlik nie dié gebruik of tradisie nie. Tog laat die lees daarvan ‘n mens diep nadink. Veral die openhartige en eerlike manier waarop Josef sy seuns se lewenskeuses beoordeel en die konsekwensies daarvan vir hulle toekoms uitspel, laat jou letterlik opskrik.

Tereg word hierdie seëninge deur Jan Overduin “Profetiese vergesigte” genoem.

Want sien, Jakob huiwer nie om, náás sy aanprysing van die goeie (Gen 49:21-26), ook sommige van sy seuns se slegte keuses en optrede by die naam te noem nie (Gen 49:3-7). Ook onverskrokke uit te spel waartoe hierdie keuses en dade alles in die toekoms kan lei nie. Op dié manier rig hy vir oulaas ‘n tydige waarskuwing aan hulle.

Jakob se optrede beskaam ‘n mens. Want wie van ons het vandag nog die moed om só direk en eerlik met ons kinders, met ons familie of vriende te praat? Hulle te vermaan oor hulle twyfelagtige dade?

Ja, ook te glo dat daar in sulke eerlike vermanings groot seën opgesluit kan wees. Is dit dan nie presies wat Jakob se afskeidswoorde genoem word nie?

Seëninge wat sterker is as dié van die ou-ou berge.

Here, gee ons vandag die moed om soos Jakob, ter wille van u seën, onverskrokke die kwaad uit te wys en iets daaraan te doen. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed