Boodskap vir Vandag

Search

Stilmaak

Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak.

– 1 Petrus 2:15

 

Die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het, is altyd dié van ’n ware heer. Hy was taktvol, sensitief en wys. Hy het mense nie met sy oortuigings gebombardeer nie. Hy het nooit toegelaat dat mense Hom by godsdienstige argumente intrek wanneer hulle in hulle onkunde van Hom kwaad gepraat het nie. Hy het net stilgebly en toegelaat dat sy goeie gedrag getuig oor wie Hy werklik is.

 

Ons kan so baie uit Jesus se wyse en sagmoedige voorbeeld leer. Hoe voel jy wanneer mense in onkunde van jou kwaadpraat en jou agter jou rug beskinder? Ons kniereaksie is gewoonlik om onsself te verdedig en oorlog te verklaar. Hierdie reaksie is egter nie in pas met vandag se Bybelvers nie en het gewoonlik nie ’n positiewe uitkoms

nie.

 

Ek het deur die jare geleer dat nie alle mense waardige opponente is nie. Ek kies dus my battles met baie meer omsigtigheid. Wanneer mense in onkunde leuens oor my kwytraak of agter my rug kwaadpraat, deurdink ek my reaksie en bespreek dit met die Here. Sy raad

aan my is altyd dieselfde: Laat jou konsekwente en deursigtige gedrag die mense wat so stir, stilmaak.

 

Kom ons weerstaan ons oerreaksie om aan die ego battles deel te neem en onsself met kwaai woorde te verdedig. Kom ons styg uit soos die arende wanneer mense in onkunde van ons kwaadpraat. Laat jou goeie gedrag en standvastige karakter, eerder as jou woorde, die

kwaadpraters stilmaak en getuig oor wie jy regtig is.

 

Bruisgebed vir oorwinning: Here, help my om stil te bly. Laat my voorbeeld van goeie gedrag die mense wat van my kwaadpraat, stilmaak. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed