Boodskap vir Vandag

Search

Stilte

Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors – Jesaja 9:5.

Tydens ’n besoek aan die afgesonderde St Helena-eiland word ek getref deur die stilte en vrede wat byna tasbaar op dié klein eiland teenwoordig is.

Wanneer ek egter die eilandmuseum besoek, kom ek onder die indruk van die ryk – maar ook gewelddadige – geskiedenis van dié vulkaniese eiland wat reeds in 1502 deur die Portugese ontdek is. Onder ’n groot boom op die stadsplein is slawe verhandel. Teen ’n graswal lê die rye grafte van 180 van die 6 000 krygsgevangenes uit die Anglo-Boereoorlog wat tydens hul aanhouding op St Helena gesterf het. Napoleon het sy laaste dae as krygsgevangene ook hier deurgebring.

Ek wonder onwillekeurig: Wat het al die geweld en bloedvergieting gebaat?

Van waar ek bo-op ’n hoë bergspits staan, kan ek ver sien. Op al die hoogste uitkykpunte is forte en batterye met groot kanonne wat die eilandbewoners destyds teen see-aanvalle moes beskerm. Vandag staan die forte onbeman en die kanonne is verroes. Net die stilte het oorgebly.

Al lyk dit vir ons of vorste en veroweraars se mag onbeperk en onvernietigbaar is, weet ek – sekerder as ooit: Kanonne sal ophou bulder, oorloë sal ophou en vorste se mag tot ’n einde kom.

Ons is nietige skakels in die geskiedenisketting. Tog het Christus ons geroep om vredemakers te wees. Vrede was sy nalatenskap aan ons. Die vraag is: Wat maak ek met die kort tydjie wat aan my gegee word voordat Christus, die Vredevors, finaal kom?

Ek loof U, Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed