Boodskap vir Vandag

Search

Taktvol

Erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Doen dit egter taktvol en eerbiedig.

– 1 Petrus 3:15-16

 

Hoe leef jy jou Christenskap uit? Is jy iemand wat vreemdes ongevraag bombardeer met bekeringspreke? Of gebruik jy meer takt soos die Bybelvers hierbo ons aanraai om te doen? Wag jy tot mense jou oor jou geloof uitvra?

 

Ek het geleer dat ’n hardhandige aanslag mense eerder kan afskrik as om hulle te oorreed om hulle harte vir die Here te gee. Ek self raak geïrriteerd met mense wat dit hulle stokperdjie maak om gereeld vir my geestelike stukkies te forward om my te bearbei. Soms kry ek dieselfde stukkie wat op die oomblik in die mode is sommer vyf keer op dieselfde dag.

 

By ’n diens by Mosaïek-gemeente het een van die predikers vertel hoe hy en ’n vriend as jongmense vreemdelinge sonder enige takt probeer bekeer het. Hulle het elke Sondag ná kerk langs die pad gaan staan en gemaak of hulle ’n saamrygeleentheid soek. Sodra hulle in

iemand se motor was, het hulle mekaar ’n kyk gegee en losgetrek met hulle bekeringspreek. Die prediker het ’n goeie humorsin en daardie dag het hy gesê hy hoop hy het nie te veel mense van die Here afgeskrik met sy taktlose en oorgeesdriftige bekeringspreke nie.

 

Kom ons leer vandag by Jesus. Hy het altyd eers die mense oor hulle lewe uitgevra, saam met hulle geëet en belanggestel in hulle doen en late. Later het Hy brood aan tafel saam met hulle gebreek voordat Hy die brood van die lewe aan hulle bedien het.

 

Bruisgebed vir taktloses: Vader, help my om my geloof liefdevol uit te leef en met takt en eerbied te reageer wanneer ek oor my geloof in U uitgevra word. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed