Boodskap vir Vandag

Search

Tob is ’n doodloopstraat

Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal lei en dat Hy sal doen wat Hy belowe het. As jy dit glo, dan sal Hy dit doen en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is, Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen. Jy moet stilbly en geduldig wag totdat die Here iets doen. Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaan met iemand wat skelm planne maak nie. Jy moenie kwaad en ontsteld word nie, jy moet dit los – Psalm 37:5-8a (Bybel vir almal).

So dikwels trek iemand in die gemeenskap of werkplek skynbaar onregverdige voordeel uit sy of haar voorkoms, intellek of persoonlikheid. So iemand vestig die aandag op hom- of haarself en kom maklik met verkeerde optrede weg.

Mettertyd raak die betrokkenes ál meer gegrief oor die situasie. Later oorheers dit hul gedagtes en gesprekke en hulle word wrokkig en selfs jaloers.

Wanneer jy voortdurend oor ander tob, begin jy glo dat jy nie raakgesien word nie. Jy sien nie God se liefde en sorg in jou lewe raak nie. Jou negatiewe gedagtes besoedel jou en jy meet alles in jou lewe teen die ander persoon se voorspoed.

Ons moet ons gesig na God draai. Ons moet vra dat Hy ons perspektief sal verander sodat ons gedagtes nie rondom ander draai nie, maar rondom God. Hy moet die begin- en eindpunt van ons denke wees.

Here, bewaar my daarvan om oor ander se skynbare voorspoed te tob. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed