Boodskap vir Vandag

Search

Toegang tot die genade

Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot
hierdie genade waarin ons nou vasstaan (Romeine 5:2).

Volgens Paulus in Romeine 5 is daar ‘n tweede vrug wat groei uit die feit dat God ons deur Christus se dood vrygespreek en vrygemaak het van skuld en sonde.

Dit is dat ons, in sy woorde, nou deur die geloof vrye toegang het tot die genade waarin ons vasstaan (Rom 5:2).

Hierdie genade, sĂł hoor ons ‘n entjie verderaan, is dat God sy liefde aan ons bewys het toe ons nog sondaars was (Rom 5:8) – toe ons nog, soos die verlore seun, doelloos rondgedwaal en rondgeval het in ‘n ver land – die ver land wat ‘n beeld is vir al die plekke waar en tye toe ons ontheemd, vervreemd, verlore en skuldig gevoel het.

En wie van ons ken nie hierdie ver lande nie?

Presies tóé, so hoor ons, het God ons in Christus tegemoet gehardloop, omarm en tuis gebring in die luukse van sy oorvloedige liefde, sorg en beskerming (Luk 15:20).

Hierdie sorgende liefde, so skryf Eugene Peterson, is die wye oop ruimtes van God se genade waarin ons, danksy Christus se kruisdood, nĂłĂș mag leef en verkeer. En dĂ­t met die onwrikbare wete en blye hoop dat ons daagliks deur hierdie liefde vasgehou en gedra word.

Ja, dat niemand minder nie as die Gees van God hierdie liefde elke dag, elke oomblik, op ‘n verborge maar wonderlike manier in ons lewe indra en ons, wanneer ons stil genoeg raak, ook daarvan bewus maak.

Deur die liefde wat God in Christus aan ons bewys het en wat God deur sy Gees in ons harte (Rom 5:5) uitgestort het, rig God ons op, gee God aan ons ‘n staanplek in die lewe, ‘n eie waardigheid en trots sodat ons voortaan die wĂȘreld sonder skaamte in die oĂ« kan kyk.

Kan daar groter dinge oor ons lewe gesĂȘ word as dit?

Die vraag bly natuurlik of ons dit weet – selfs belangriker nog, of ons dit glo?

O Here, dankie dat ek vandag weer mag vasstaan in die wye ruimtes van u genade en liefde, en dit omdat U self in my werk. Amen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoĂ« te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Die moeilikste deel is nie my gesin wat gesterf het nie, dis dat Ă©k oorleef het’
9 November 2026
Van wagtyd tot verwondering: Die grootste lesse wat infertiliteit ons geleer het
5 November 2026
KinderKersKous | Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
2 November 2026
KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.