Boodskap vir Vandag

Search

Tradisie

“Julle ignoreer God se opdrag en hou ten koste daarvan aan menslike tradisies vas.” Hy sê toe weer vir hulle: “Julle verstaan die fyn kuns om God se opdrag opsy te skuif sodat julle julle tradisie kan handhaaf.”

– Markus 7:8

 

Ons leer van kleins af om tradisies te onderhou – by die skool, op die sportveld, in ons families en natuurlik by die kerk. Tradisies is vaste gewoontes of instellings wat ons deur die jare heen navolg.

 

Hoe belangrik is godsdienstige tradisies vir jou? Ruim jy soms tyd in om na te dink oor die tradisies wat jy slaafs navolg? Maak jy tyd om te besin of dit altyd in ooreenstemming met God se opdrag van omgeeliefde is?

 

Die Skrifgedeelte hierbo waarsku ons teen die gevaar om tradisies die hoeksteen van ons oortuigings te maak. Dit kan selfs tot dwaalleringe lei: “Julle ignoreer God se opdrag en hou ten koste daar van aan menslike tradisies vas.” Hy sê toe weer vir hulle: “Julle ver staan

die fyn kuns om God se opdrag opsy te skuif sodat julle julle tradisie kan handhaaf.”

 

Lees gerus die hele Markus 7 en vra die Here of jy dalk jou tradisies gebruik om sy grootste opdrag om altyd met omgeeliefde op te tree, verontagsaam.

 

Een van die voorbeelde wat die Bybel hier noem, is om Moses se wet – eer jou vader en jou moeder – te omseil. Jy gee geld vir die kerk, maar jy het nie geld om jou bejaarde ouers te help nie. Jy sê jy behandel jou ouers met respek, maar ignoreer hulle nood.

 

Maak seker jou tradisies versper nie jou pad om die Here se opdrag – om omgeeliefde met ’n suiwer hart uit te leef – na te kom nie.

 

Bruisgebed vir omgeeliefde: Here, help my om nooit tradisies en wette belangriker as u groot opdrag te maak nie: om u liefde teenoor alle mense uit te leef.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

KinderKersKous | Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
2 November 2026
KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 Oktober 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.