Boodskap vir Vandag

Search

Treur en troos

Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het – Job 42:11a

Die Griekse woord parakaleoo kan met “bemoedig” of “vertroos” vertaal word, of selfs met die woord “onderskraging”.

Chris van Wyk skryf op die Bybelskool-webblad: “Om iemand te parakaleoo beteken om langs iemand te gaan staan, as’t ware jou arm om haar of sy lyf te slaan, en saam die pad na die heelheid wat God bring, te bewandel.”

Mense laat blyk soms hulle dink iemand het genoeg getreur en is geïrriteerd en haastig in die persoon se teenwoordigheid. Wat hulle eintlik met hul hele houding sê, is: “Ek is nou moeg dat jy treur. Ek wil aangaan met mý lewe.”

Vir iemand wat rou, gaan die tyd stilstaan. Die wêreld ook. Jou lewe word gestroop tot die absolute essensie. Daar hang ’n verlatenheid oor jou wat tot in jou diepste binneste vesels intrek.

Wanneer iemand dié verlatenheid raaksien en doelbewus uitreik na die een wat inkrimp in sy eie sirkeltjie verlies, breek die trooster deur ’n skans en kan werklik vir die treurende iets beteken. Maar, om dít te kan doen, moet hy self van vooropgesette idees, raad of geykte trooswoorde gestroop wees. Hy moet as’t ware keer op keer die persoon in die oë kyk met die onuitgesproke gerusstelling: “Ek is hier vir jou. Ek weet niks. Vertel my. Ek het tyd.”

’n Wyse persoon verstaan die hart van parakaleoo.

Here, leer my hoe om met deernis en liefde te troos. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed