Boodskap vir Vandag

Search

Troos van buite

U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp (Psalm 86:5).

Nog ‘n belangrike waarde van gebed is dat dit ons bewus hou van ons eie beperkings en eindigheid as mense.

Ook van die feit dat ons afhanklike wesens is – mense wat in onsself eenvoudig té min het om finale sin aan ons lewe te gee.

Want sien, wie voor sy God buig of kniel, doen dit altyd met die bewussyn dat hulle nooit die middelpunt van die wêreld kan wees nie. En dat sonder die hulp van God, of God se stempel van goedkeuring op hulle lewe, hulle arbeid maklik leeg en nutteloos kan word.

In ‘n boeiende artikel oor die moderne mens, herinner die filosoof, Hennie Rossouw, ons aan die pretensie waarmee die sogenaamde makende mens (“homo faber”) vandag leef. Dit is die mens met sy tegnologiese vernuf wat tot min of meer alles in staat is. Selfs in staat is om mettertyd die dood te troef en ‘n eie soort ewige lewe op aarde te skep.

Dié aanspraak, so wys Rossouw verder tereg, is nie net vals nie, maar ‘n tragiese vergissing. Want as sodanig is die lewe altyd onvoorspelbaar, broos en verganklik. En wie hiermee in die reine wil kom, het hulp en troos van buite nodig. Daardie troos wat die God van Jesus aan ons beloof het.

Aan dié troos sal die biddende mens (“homo orans”) ons altyd herinner.

O Here, ek buig vandag weer voor U omdat ek op my eie nie langer kan regkom nie. U moet help, U moet troos. Daarop vertrou ek vandag weer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed