Boodskap vir Vandag

Search

Tuis in sy liefde

“Soos die Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly” (Johannes 15:9-10).

“Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet” (Johannes 15:12).

Om in Christus en in sy woorde te bly is uiteindelik om in sy liefde tuis te kom.

Ja, selfs meer nog: Dit is om vir ons ʼn tuiste in Christus se liefde te skep. Dit is hoe Eugene Peterson, die Kanadese geestelike, hierdie aangrypende gedeelte, met Jesus aan die woord, vertaal:

“I have loved you the way my Father has loved me … therefore make yourselves at home in my love” (Johannes 15:9).

In sekere sin is dit presies waarvoor Paulus later vir die gemeente in Efese gebid het: dat God deur sy Gees Christus in hulle harte sal laat woon … sodat hulle in sy liefde gewortel en gegrond kan wees … en hulle so die volle omvang en krag van God se liefde sal leer ken (Efesiërs 3:16-19).

Kortom, dat hulle daarin sal tuiskom.

Om ons hiermee te help gee Jesus vir ons kort, maar konkrete raad. En dit is dat ons sy opdragte sal uitvoer. En sy opdrag is eenvoudig om mekaar as medemense lief te hê. Wie dit doen, herinner Jesus ons, gee nie net uitdrukking aan sý liefde nie, maar vind ook hulle weg daartoe.

Meer nog, só begin ons die groot vreugde waartoe Christus ons bestem het persoonlik ervaar (Johannes 15:11).

Kom, Gees van God, maak my tuis in Christus se liefde. Help my om die krag en omvang daarvan persoonlik te ervaar. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed