Boodskap vir Vandag

Search

Verbond

ʼn Teks wat dikwels in Lydenstyd gelees word, is Genesis 17. Hier kry ons die verhaal van God en Abraham en die verbond. Genesis 15 beskryf ook hierdie verbond wat God met Abraham en sy nageslag gesluit het. Dié twee tekste se atmosfeer verskil egter. In Genesis 15 is daar ’n meer intieme, nabye ontmoeting tussen God en Abraham, terwyl Genesis 17 meer “amptelik” is.

Ek het nogal ’n sagte plekkie vir Genesis 15. Daar sit Abraham in sy tent – redelik moedeloos. Eintlik moeg vir al die beloftes wat tot niks kom nie. Toe die Here in ’n gesig (visioen) aan hom verskyn, het hy reeds sy klaaglied gereed. Hy sien al hoe sy slaaf sy besittings gaan kry. Hy kry homself, te midde van die Here se verskyning, eintlik baie jammer.

Wat doen die Here? Hy vat Abraham as’t ware aan die hand buitentoe en laat hom na die sterre kyk. Die Here herhaal sy beloftes en op daardie oomblik glo en vertrou Abram die woorde. Hy sou later weer twyfel en vrae vra, maar die Here het dié oomblik onthou. Hier vind ons daarom ’n verbondsverstaan wat vertroue, geduld en vriendskap behels.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed