Boodskap vir Vandag

Search

Verborge, maar nie afwesig nie.

Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak (Johannes 1:18).

Jesus se versekering in Markus 4:35-41 dat Hy as die Heerser oor alles áltyd by ons sal wees, sodat ons nooit hoef te vrees nie en alleen maar kan glo, mag vir baie na ‘n goedkoop antwoord klink.

Hulle sou tereg kon vra: “Hoe weet ons dat Jesus áltyd by ons is? Wááraan sien ons dit?” En miskien nog belangriker: “Hóé moet ek glo aan ‘n God wat onsigbaar is?”

Oor hierdie vrae het die vroulike teoloog, Debie Thomas, insiggewend geskryf:

“To have faith is to hold two pictures of the kingdom in tension. And to allow God to reveal himself in both. Yes, sometimes Jesus demonstrates his power in miraculous, technicolour ways; we’re not wrong to hope for such demonstrations. At other times, though, he wants us to trust that his incarnation — his quiet, abiding presence in our lives — is enough. Sometimes, Jesus’ power is paradoxical; it comes to us in seeming weakness, in quiet whispers and tiny gestures. The hiddenness of God, in other words, is simply thát:hiddenness, not absence.”

Dit is tog troosvol om te weet dat God se verborgenheid nie noodwendig sy afwesigheid beteken nie, – is dit nie?

Daarop moet ons leer vertrou.

Here, dankie dat selfs wanneer ons U nie kan sien nie, ons mag vertrou dat U met u liefde en u vergifnis by ons is, elke dag. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed