Boodskap vir Vandag

Search

Verborge

“Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie dade verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

– Matteus 6:3-4

 

Die Here waardeer mense wat beskeie is en nie hulle weldade op die voorgrond druk om mense te beïndruk nie. So dikwels doen ons goeie dade om die verkeerde redes – soos om mense se goedkeuring en guns te wen eerder as die Here s’n.

 

Om seker te maak jou motiewe as weldoener is suiwer, is dit goed om jou goeie dade buite die kollig te hou en eerder gesigloos agter die skerms te dien en te gee. Wanneer ons in die gewoonte verval om ’n groot bohaai oor ons goedhartigheid te maak en ons weldade oor

’n luidspreker verkondig, kan dit maklik ’n vals klank in die Here se ore laat.

 

Vandag se Skrifgedeelte raai ons aan om ons goeie dade aan die minderbevoorregtes verborge te hou – jou linkerhand moenie eens weet wat jou regterhand doen nie en jou doel mag nooit wees om openbare erkenning of ’n pat op die skouer te ontvang nie.

 

Dalk voel jy jy wil hê mense moet weet dat jy goeddoen. Ontspan. Jou Vader in die hemel sien elke goeie daad wat jy doen en Hy self sal jou beloon.

 

Die grootste genot wat ek al daaruit geput het om te dien en te gee, was toe ek dit in die geheim gedoen het, daar waar niemand vir my kon hande klap nie. Maak dit jou doel om jou goeie dade verborge te hou en net sigbaar vir die Here se oë.

 

Bruisgebed vir ’n weldoener: Vader, U hou van beskeie weldoeners. Daarom kies ek om agter die skerms te dien en te gee eerder as in die openbaar.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed