Boodskap vir Vandag

Search

Versorg

Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet.

– Spreuke 27:18

 

Wil jy graag ’n meer geseënde lewe hê? ’n Geseënde lewe begin met goeie versorging. Die Woord sê: Wie sy eie vyeboom versorg, eet van sy vrugte.

 

Maak ’n lys van alles wat in jou sorg geplaas is. Versorg jy jouself deur gesond te eet, genoeg oefening in te kry en genoeg te rus? Versorg jy jou hare, vel en naels? Dra jy klere wat skoon en vars is? Bad jy elke dag? Ruik jy lekker?

 

Hoe lyk jou omgewing? Was jy jou skottelgoed, of staan dit dae lank vuil in die opwasbak? Is jou bed opgemaak? Is jou klere opgehang?

 

Is jou tuin netjies en sonder onkruid, of lyk dit soos ’n wildernis? Is jou swembad blou of lyk dit soos ’n pot ertjiesop?

 

Versorg jy jou lewensmaat en kinders met gesonde kos en strelende liefde? Is jou troeteldiere versorg met genoeg water, kos, liefde en aandag? Versorg jy jou finansies met goeie besluite?

 

Wat doen jy met ’n kosbare geskenk? Pas jy dit op? Of vergeet jy daarvan, breek dit of verloor dit?

 

Wat doen jy met jou talente en gawes? Versorg en ontwikkel jy dit sodat dit vrug kan dra?

 

Die Vader stel vir ons ’n wonderlike voorbeeld van versorging. Hy sorg vir die lelies van die veld, die wilde diere en die mens. Hy stuur reën. Hy laat die son opkom en weer sak. Hy hou die hele hemelruim en al die planete en sterre in hulle plek met sy liefdevolle Vaderhand.

 

Kyk vandag wat die Here in jou hande gegee het … en versorg dit.

 

Bruisgebed vir versorging: Here, ek commit my om alles wat U aan my toevertrou het met sorgsaamheid en liefde te bestuur en te onderhou. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed