Boodskap vir Vandag

Search

Vertroos

U stok en u staf dié vertroos my . . .

– Psalm 23:4

 

Die stok en die staf was in die Bybelse tyd die gereedskap waarmee die herders hulle skape beskerm, gelei en beheer het. Die staf met sy kromming kon skape uit hindernisse soos doringbosse loshaak. Die herder het sy staf ook gebruik om skape te dissiplineer en te vang

en swak lammers op te tel om hulle teen sy bors vas te druk. Die herder het sy stok gebruik om roofdiere te verjaag en só sy skape teen aanvalle te beskerm.

 

Moses het sy staf ook gebruik om die wonderwerke van God aan die volk te demonstreer. Paulus het gesê die Woord is ons wapen en ons moet dit gebruik om ons toe te rus en te vertroos op ons lewenspad.

 

Vandag nog is hierdie stok en staf beskikbaar wanneer ons die Boek van Lewe elke dag oopslaan. Daar is baie vertroosting in die Boek van die goeie Herder. Ook beskerming, dissipline en toerusting vir ons pad deur die wildernis.

 

Voel jy dalk vandag soos ’n skaap wat verdwaal en in die woestyn of wildernis beland het? Soek jy al ’n geruime tyd tevergeefs jou pad huis toe? Voel dit of jy verstrengel geraak het in hakiesdraad en nie kan loskom nie?

 

Nader tot God en sit genoeg tyd opsy om sy Woord te lees en te bestudeer. Vra dat sy Heilige Gees jou vertroos. Sy Woord is ʼn kragtige en vertroostende bron van hoop en bemoediging, elke dag. Lees dit met toewyding. Daarsonder kan jy nie staande bly nie. U stok en u staf die vertroos my.

 

Bruisgebed vir vertroosting: Dankie, Vader, dat U my op verskeie maniere bemoedig en vertroos. Dankie vir u Woord wat daar is as u stok en u staf wat my beskerm en lei.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed