Boodskap vir Vandag

Search

Vertroue

“Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie . . . As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?”

– Matteus 6: 28, 30

 

Elke nou en dan raak ek benoud oor my finansiële vooruitsigte as ʼn vryskutter met ’n groot huisverband en baie ander uitgawes per maand. Ek het geen vaste werk nie en ook nie meer my eie onderneming nie. Ek is totaal aangewese op die ontwikkeling van my gawes en die Here se seën daarop.

 

Die afgelope jaar het ek die meeste van my tyd aan skryfprojekte gewy, waarvan ek nie dadelik die oes of enige wins kan sien nie. In sulke gevalle is vandag se Bybelvers baie bemoedigend vir my. As die Here na die veldlelies kyk (my naam, Susan, beteken juis “veldlelie”), hoekom sal Hy dan nie ook na my omsien nie?

 

Geloof en vertroue is baie maklik in die sigbare wêreld. Wanneer jou inkomste egter uit die Onsigbare se hand kom, vra dit dat jy jou geloof sal verskerp en jou vertroue in Hom as die Voorsiener sal verhoog.

 

Wanneer ek gespanne raak oor my geldsake knoop ek ’n gesprek met die Here daaroor aan. Ek kry altyd dieselfde antwoord van Hom terug – ek moenie stres nie en net rustig voortgaan met my werk en elke dag my deel doen. Soos die veldlelies, moet ek op Hom vertrou vir die oes. En die Here het my al soveel keer verras met onverwagte oeste – presies op die regte tyd!

 

Mag jy Hom ook só leer vertrou.

 

Bruisgebed vir finansiële stres: Vader, dankie dat U in beheer van my lewe is – ook van my geldsake. Help my om altyd my bes te doen en U met die res te vertrou.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
‘Hoe kon ek God 74 jaar lank ignoreer?’ – ongelowige kom wonderbaarlik tot bekering
25 September 2026
Ná tien jaar se wag: ’n Wonderwerk – en toe geen hartklop
23 September 2026
Laerskool Eversdal skenk R358 500 op hul verjaardag: ‘Ons leer om te gee eerder as om te ontvang’
18 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed