Boodskap vir Vandag

Search

Vry om te dien

Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie mense (Markus 10:45).

Anders as van die ander Evangelies, vertoef Markus nie té lank by Jesus se lyding aan die kruis nie, gee hy nie oormatige aandag daaraan nie.

Wat egter nie beteken dat Jesus se lyding en kruisdood vir hom sonder betekenis was nie.

Allereers wou hy daarmee Jesus se trou aan ons as mense uitbeeld. So kies Jesus byvoorbeeld sélf om hierdie sware lot op Hom te neem – terwille van ons! Méér nog: Die kruis – so beskyf Markus dit – moet uiteindelik dien as “’n losprys vir baie” (Mark 10:45).

By Markus verwys hierdie uitdrukking nie allereers na die offerkultus nie – asof Jesus se dood ‘n soenoffer vir ons sondes was – maar na die vrylating van ‘n slaaf. Dít, aldus Markus, was dan ook die bedoeling van Jesus se hele lewe, en veral van sy dood. Dit was ‘n middel waardeur mense met die oog op diens in die koninkryk van God vrygemaak is.

Ja, vrý van alle bekommernisse, bindinge, ongesonde gewoontes, kompulsies, drange en begeertes wat ons kan weerhou om dié mens te word wat ons moet wees!

Die vraag is: Gló ons dit, ja, vertrou ons hierop wanneer ons vandag weer dink aan die bloeiende Man aan die kruis?

Dat Hy ons vrý kan maak!

Dankie Here dat U gekom het om ons vry te maak. Help ons om dit te glo. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed