Boodskap vir Vandag

Search

Waaksaam

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

– 1 Petrus 5:8

 

Die meeste van ons dink in terme van ons liggaamlike veiligheid wanneer dit by waaksaamheid kom. Ons bou hoër mure om ons huise, installeer ’n geëlektrifiseerde heining en ’n alarmstelsel en kry sommer ook ’n paar groot waghonde, dalk selfs ’n vuurwapen. Alles om voorsorg te tref om boosheid en gevaar uit te hou.

 

Ons moet egter ook ’n sterk sekuriteitstelsel om ons innerlike mens in plek hê. Veral dáár moet ons baie waaksaam wees. Daar is soveel maniere waarop die brullende leeu sy tande in ons innerlike mens kan inslaan en ons kan verlei om sonde te doen.

 

Die stryd wat ons voer, is ’n geestelike stryd. Die brullende leeu werk sag en subtiel. Hy teiken die sagte weefsel van die menslike hart. Hy is ’n meester om met jou kop te smokkel. Voor jy jou kom kry, is jy in sy bose kake.

 

Dink maar aan jou woordgebruik wanneer jy ontsteld is. Hoe lyk jou WhatsApp-boodskappe en jou posts op sosiale media? Word jou emosies opgesweep deur die leeu om gif te versprei in plaas van goeie nuus? Verlei die vyand jou om sleg te praat van ander, te lieg, oneerlik te wees met geld of vals getuienis af te lê? Of besoedel die vyand jou hart met wraak- en haatgedagtes?

 

Bid vir geestelike waaksaamheid. Leer om die vyand van die Lig op ’n afstand al te sien aankom. Leer sy geslepe tricks ken en hardloop vinnig in ’n ander rigting wanneer jy sien hy wil jou mislei.

 

Bruisgebed vir waaksaamheid: Here Jesus, ek bid dat U my al meer geestelik waaksaam sal maak. Help my om vyande van my siel vinnig te identifiseer sodat ek betyds in ’n ander rigting kan vlug. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed