Boodskap vir Vandag

Search

Waarheen lei dit jou?

By U Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! (Psalm 31:2).

Inderdaad is dít die groot vraag waarmee Psalm 31 ons konfronteer: Wat maak ek met lyding en terugslae wanneer dit my pad kruis? Hoe reageer ek daarop?

Let wel, die vraag is nie soseer nie: Waar kom die ellende vandaan? Of: Waarom het dit mý getref? Dit is eerder: Waarheen lei dit my vandag? Kan ek miskien iets daaruit leer?

Neem lyding my dieper die donkerte in? Versterk dit my gewoonte om te kla? Laat dit my in groter sinisme verval, nog meer bitter word, ander blameer? Of open dit ʼn deur tot iets groter, iets beter, iets meer?

In die psalmdigter se geval dryf dit hom tot in God se arms. Dit laat hom weer by God gaan skuil. Dit bring hom tot nuwe oorgawe, dringender gebed, sterker vertroue. Luister net: “By U, Here, skuil ek” (v 2). “In u hande gee ek my lewe oor” (v 6). “Maar ek vertrou op U, Here” (v 15).

Wat ʼn genade as jy, te midde van jou ellende, dít kan sê. Dit óók kan begin doen.

Here, hoe maklik val ons vas in ons sorge. Hoe traag is ons om U te vertrou. Wek ons vandag opnuut op om by U te skuil. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.