Boodskap vir Vandag

Search

Wapen

Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie.

– Jesaja 54:17

 

Daar is baie geweld in ons land. Wrede plaasmoorde en aanrandings word byna daagliks deur die media gedek. Die wapens wat gebruik word om mense mee te martel of dood te maak is skrikwekkend en laat ’n mens sidder van vrees. As teenvoeter hiervoor skerp ons almal ons sekuriteit op. Baie mense kry vuurwapens om hulleself en gesinne mee te beskerm teen moontlike aanvallers.

 

Daar is egter ook ’n ander oorlog in die geestelike sfeer aan die gang, ’n oorlog wat ook van gelowiges vra om hulle wapens op te neem. Daar is elke dag wêreldwyd ’n stryd tussen lig en donker, tussen goed en kwaad. In hierdie onsigbare oorlog gebruik die vyand meer

subtiele wapens wanneer hy sy strategie beplan. Jou hartsvriend, kind of selfs Christelike vertrouelinge kan as pionne gebruik word om jou geloof te verswak en jou hart te verhard.

 

Wat gebruik jy as wapen in hierdie groot geestelike oorlog? Soms is die stryd teen bose magte waarvan jy nie eens bewus is nie. Soms word die pyle agter jou rug afgevuur. Ander kere mik die vyand spesifiek om jou hart se soft spot te tref en jou só te verlam.

 

Ons kan hierdie oorlog nie kaalhand en uit eie krag aandurf nie. Roep die Here as jou Krygsman se hulp in. Trek ook elke dag die volle wapenrusting van God aan om staande te bly in donker tye. Tref voorsorg deur elke dag op sy belofte te staan: Geen wapen wat gesmee word om my aan te val, sal iets uitrig nie.

 

Bruisgebed vir geestelike oorlogvoering: Vader, dankie dat ek as gelowige u wapenrusting kan aantrek om my teen die brandpyle van die Bose te beskerm. Dankie vir u Woord wat verklaar dat geen wapen wat teen my gesmee word, iets sal kan uitrig nie.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed