Boodskap vir Vandag

Search

We can mend the sky

Here, onse Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde! (Psalm 8:10).

Om die Stellenbosse Universiteitskoor te hoor, bly ‘n oorweldigende ervaring.

Geen wonder nie hulle het reeds twee keer die gesogte prys as voorste koor in die wêreld verower.

Onder leiding van hulle uitsonderlik bekwame en kreatiewe dirigent, maak hulle musiek en sing liedere wat diep raak en ontroer. Ook mense inspireer om ‘n verskil aan ons gebroke wêreld en verdeelde samelewing te maak.

Een van die mooi liedere wat hulle sing, heet dan ook “We can mend the sky”.

Gekomponeer deur die Amerikaner, Jake Runestadt, is die lied gebaseer op ‘n gedig van ‘n veertienjarige Somaliese vlugteling, Warda Mohamed.

Sy druk haar droom só uit:

“In my dream I saw a world free of violence, hunger, suffering. A world with love. Let’s go – to save your soul, run with all your might. If we come together, we can mend a crack in the sky.”

Hoor jy dit? Die geloof van ‘n relatief onskuldige kind dat ons sáám die spreekwoordelike kraak wat vandag deur soveel dinge loop, kan heel.

Haar woorde beskaam en gryp tegelyk aan.

Here, dankie vir musiek wat ons inspireer om ‘n verskil aan ons gebroke wêreld te gaan maak. Sodat mense kan sien hoe wonderbaar u naam oor die ganse aarde is. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed