Boodskap vir Vandag

Search

Wit

Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

– Galasiërs 5:22-23

 

Hierdie verse staan in sterk kontras met die vorige vers (5:19) wat op ons sondige skadukant gefokus het. Ek lees hierdie verse oor die Geesvervulde lewe net so gereeld en neem dan ook geestelike voorraadopname van hoeveel ligeienskappe regtig in my lewe teenwoordig

is.

 

Wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees ons innerlike skildery inkleur, in plaas van ons eiegeregtige verfkwaste, sal al meer goddelike eienskappe in ons daaglikse lewe sigbaar word. Ons kan nie hierdie wit lig in onsself aansteek nie. ’n Wettiese ingesteldheid sal dit ook nie bewerkstellig nie. Hierdie lieflike skakerings van innerlike lig word slegs deur die Gees van liefde en waarheid in ons gevestig.

 

Wit bestaan uit al die kleure in die prisma en word as wit lig weerkaats. Toets gerus in hierdie lig hoeveel van die Here se eienskappe jy in die wêreld weerkaats.

 

Is daar al meer omgeeliefde in jou hart vir ander mense – of weerkaats jy steeds onmin en woede? Regeer vreugde in jou hart, of word jy steeds deur ’n gebrek aan vreugde oorheers? Is daar vrede in jou hart, jou huis en by die werk, of duik daar meer gereeld konflik op?

 

Kan jy al meer geduld beoefen en met ’n goeie gesindheid deur swaarkry heen op die Here se goeie dinge wag? Weerkaats jou gesig sy vriendelikheid en warmte? Is jy getrou in die klein dingetjies én die groot dinge? Het jy ’n sagte en deernisvolle gesindheid teenoor ander mense? Leef jy met selfbeheersing, of gooi jy steeds tantrums?

 

Wat sê jou antwoorde op hierdie vrae oor die wit lig in jou hart?

 

Bruisgebed vir goddelike eienskappe: Here, ek onderwerp my aan die werk van u Gees in my hart sodat ek al meer die vrug van die Gees sal dra. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed