Boodskap vir Vandag

Search

Woorde wat verstom

Hulle was verstom oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie (Markus 1:22).

Wanneer Jesus in ooreenstemming met Jesaja se belofte (Jes 8:23-9:1), lig in die skemerwêreld van Kapernaum begin indra, gebeur daar twee dinge.

Mense is allereers verstom oor sy leer – oor die nuutheid en varsheid daarvan. Méér nog, die gesag daarvan. Dit wil sê die krag, selfvertroue en eerlikheid waarmee Hy praat, raak hulle. Sodat hulle verbaas begin vra: “Wat gaan hier aan …?” (Mk 1:27).

Kom ons gee toe: In ‘n kultuur waar woorde leeg en beloftes goedkoop geword het, waar politici en ander leiers vanweë korrupsie, oneerlikheid en dubbelpratery hulle gesag en invloed grotendeels verloor het, sug en verlang ‘n mens baie dae na woorde soos dié van Jesus.

Woorde wat aangenaam is om na te luister, wat jou kan laat opkyk van verbasing. Woorde wat jou nie alleen diep tref nie, maar jou só kan ontroer en meevoer dat dit jou lewe verander.

By Jesus het die gesag en trefkrag van sy woord daarin geskuil dat God deur hom gepraat het.

Geen wonder nie dat selfs die Bose vir sy woorde gesidder het.

O Here, laat daar vandag weer mense, ja, leiers wees wat na vore tree en met u gesag kan praat. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed