Boodskap vir Vandag

Search

Bederf – Gebed

Vader,

Ek soek U leiding en wysheid,
Om my te omring met goeie geselskap,
Dié wat my geloof en sedes versterk,
En my geestelike groei bevorder.

Bewaar my van slegte invloed,
Wat my siel kan besoedel en bederf.

Dankie vir U liefde en beskerming,
Mag ek altyd tot eer van U Naam leef.

Amen.

Hou my vas O Heer, in my wag periode vir 'n deurbraak, my oë gefokus op Jesus. Ek bid dat U verheerlik sal word en dat die deurbraak 'n lewende getuienis sal wees tot U verheerliking.
Celia
Struwig

Deel dit

Genesing Dat Here met haar sal wees en haar hart geneesv pyn
Bettie
Blignaut

Deel dit

Dat ek genees word en dat ek en my man finansieel versterk sal word op ons gevordere ouderdomme.
Stephani
Krugel

Deel dit

Vader in die Hemel, ek vra dat U my sal verlos van alle bose geeste wat my teister elke liewe dag😢 vra dat U my sal help om ñ werk te kry en ñ finansiële deurbraak om my karretjie wat al 3 jaar stukkend is, te kan laat regmaak. Vra dat U my sal help in my geestelike, emosionele en fisiese toestand om weer gesond te wees. Beskerm asseblief my kinders elke liewe dag en hou hulle veilig in U hande🙏🏻 bid vir insig en wysheid vir my kinders. Bid dat U hulle sal help om eendag onafhanklik te kan wees, hulle is nog baie jonk en het nog soveel hulp nodig. Help my asseblief sodat ek hulle kan help....bid ook vir elke persoon in my familie en dat U elkeen sal beskerm en leiding gee🙏🏻♥️ Dankie vir alles liewe Vader, ek is baie baie lief vir U🙏🏻♥️🙏🏻
Venezië
Van der Walt

Deel dit

Hierdie tannie is 86 jaar oud bly by haar kleinkinders in gevaarlike omgewing vir haar veiligheid en dat kinders tot bekering sal kom.Dit is haar gebeds versoek.Here dankie dat U haar gebeds versoek van oggend verhoor in Jesus Christus naam.
Cathleen
Jacobs

Deel dit

Bid vir Volkome genesing in Jesus Naam Amen
Surika
Du Toit

Deel dit

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed