O Here,
Dankie dat U my liggaam as U tempel sien,
waar U Gees wil woon en vloei.
Lei my om my liggaam te eer en versorg,
met gesonde leefgewoontes en rus.
Help my om die krag van klein dinge te verstaan,
sodat ek nie geestelik of fisies uitbrand nie.
Laat my altyd onthou,
ek behoort aan U, gekoop teen ‘n duur prys.
Amen.